About Us

In 1980 is die maatskappy Spaarsak in Harrismith gestig en was die fabriek in Mckechnistraat gelee.  In 1993 het die naam verander na Staalsak toe die fabriek vergroot is en geskuif is na die plaas Welvaart 20km buite Harrismith op pad na Kestell.

Staalsak is tans in Industriqwa, Harrismith.

OORSIG

Die Mieliedriehoek van die Vrystaat is bewys van die gehalte van graansilos en graanhanteeringstoerusting wat deur Staalsak vervaardig word as gekyk word na die hoeveelheid van Staalsak se produkte en konstruksies wat reeds in hierdie gebied opgerig is.

Staalsak se produkte en konstruksies is sigbaar regoor

Suidelike-Afrika. 

AGTERGROND

Staalsak het in 1980 met slegs 3 personeellede begin en het gegroei tot 40 personeellede wat uit bestuurders, voormanne en ambagsmanne bestaan. 

UITVOERMARK

Staalsak het reeds suksesvol die uitvoermark betree en produkte is uitgevoer na lande soos Engeland, Mauritius, Namibie, Zimbabwe, Mozambique, Swaziland en Lesotho. 

PRODUKTE

Staalsak spesialiseer onder andere in die vervaardiging van die volgende:

Graanhanteringstoerusting.

Silos van 60 - 2500 ton.

Bakkieshysers.

Skroefvervoerders, ens. 

Staalsak kan beskou word as een van die voorste vervaardigers en oprigters van silo's en graanhanteringstoerusting in Suid-Afrika, en is steeds besig om voort te bou en te verbeter op sy reeds uitstekende produkte en diens.